Ras Geskiedenis
__________________________________________
Geskiedenis
Die
naam Simmentaler is afgelei van die vallei (“tal”
in Duits) van die “Simme” rivier in Switserland.
Dit word algemeen aanvaar dat die ras van die
Aurochs (Bos Taurus primegenius), die inheemse
beeste van Europa, afstam. Rekords wat uit die
Middeleeue dateer verwys na die “rooi en wit
beeste van Switserland” (Duerst). Simmentalers
was teen die einde van die 19de eeu in groot
getalle vanaf Switserland na buurlande sowel as
Balkanstate en Oos-Europa uitgevoer. In die
periode 1880 en 1887 alleen was daar sowat 95
000 Simmentaler te Thun stasie vir uitvoer in
spoorwegtrokke gelaai (Switserse Federasie).
Daar was ‘n groot aanvraag in Europa na hierdie
driedoelras vanweë hulle voortreflike “produksie
van melk, botter en vleis asook hulle
bruikbaarheid as trekdiere” (Wagner).
Tans is daar ongeveer 30mil. Simmentalers in die
węreld wat onder name soos Fleckvieh, Abondance,
Pezzata Rossa, Montbeliarde en Simmental bekend
staan. Lande met die grootste populasie is die
destydse USSR, Duitsland, Republiek van Joego
Slawië, Oostenryk en Frankryk (WSF Federasie).
In Europa word die dubbeldoel eienskappe van die
ras ten volle benut en alle koeie word gemelk.
So byvoorbeeld is die gemiddelde melkproduksie
van die 652 300 Simmentaler Kuddeboek koeie in
Duitsland nie minder as 6 280 kg melk, 4,1% vet
en 3,5% proteďen. Seuns van hierdie hoë melk
produserende koeie wat op stoetveilings verkoop
is, het 637 kg op 15 maande geweeg met ‘n
daaglikse gewigstoename vanaf geboorte van
1.23kg wat beter is as die meeste spesialiteits
vleisrasse in Suid Afrika.
Buite die Europese vasteland het die gewildheid
van die ras sedert die laat sestiger-jare
geweldig toegeneem, met amptelike Kuddeboeke wat
in 14 lande gehou word. Hier word die ras veral
vir vleisproduksie gebruik en is sy gewildheid
te danke aan sy geskiktheid vir kruisteling. ‘n
Węreld Simmentaler Fleckvieh Federasie, met Suid
Afrika as een van die stigterslande, is in 1974
gestig. Hierdie Federasie, met 29 ledelande en
100 000 geregistreerde telers is vandag, naas
die Holstein, die grootste internasionale
stoetbees Federasie.
Die Simmentaler Beestelergenootskap van
Suidelike Afrika word deur die Węreld Federasie
erken as die enigste registrerende owerheid of
instelling vir Simmentaler/Simbra in Suid Afrika
en Namibië.
Dit begin in Namibië
Buite Europa, was Namibië die eerste land waar
die ras suksesvol gevestig was. Eerste invoere
is in 1893 deur die regering van die destydse
Duitse Kolonie gedoen, wat invoer vir
kruisteling bevorder het ten einde “die melk- en
vleisproduksie van die inheemse diere” te
verbeter (Stals). Die belangrikste rede vir die
volgehoue voortbestaan en uitbreiding van die
ras in die eerste helfte van die eeu was sy
dubbeldoel eienskappe. Die produksie van melk en
room het ‘n belangrike kontant inkomste vir
beesboere verskaf (Stock). In die periode 1940
tot 1960 het die destydse Suidwes-Afrika met so
te sę geen suiwel beeste, ‘n gemiddeld van 9,2
miljoen pond botter en 367 300 lb kaas per jaar
geproduseer (Massmann). Volgens Rusch en Stock
was hierdie suiwelprodukte hoofsaaklik deur
Simmentaler en Simmentaler kruisings geproduseer.
Tans word die getal Simmentaler telers slegs
deur die Brahman oortref (Namibia Herd Book).
Meer as die helfte van alle stoettelers in
Namibië wat met rasse van Britse en Europese
oorsprong boer, teel Simmentalers.
‘n Namibiëse intterras toets, wat in die laat
vyftiger-jare deur die Departement Landbou
uitgevoer is, was węreldwyd die eerste
proefneming waar Simmentaler onder ekstensiewe
vleis produksie toestande getoets is. Die
uitstekende prestasie van die ras in hierdie
proewe van tien vleisrasse oor ‘n periode van
tien jaar was die hoofrede agter die
bekendstelling van die ras in Noord Amerika,
Argentinië, Australië en Suid Afrika (Massmann).
Suid Afrika (SA)
Die eerste Simmentalers is in 1905 deur
President MT Steyn, die laaste President van die
Vrystaatse Republiek na Suid Afrika (Onze Rust,
Bloemfontein) ingevoer. Die diere word onder die
naam “SWISS” by die SA Stamboek geregistreer.
Dié aanpasbaarheid en reproduksie vermoë/hoedanighede
van die ras het alle verwagtinge van President
Steyn oortref en het sy Simmentaler kudde
floreer ten spyte van die strawwe
klimaatstoestande in die area met sy baie warm
somers en uiters koue winters (MT Steyn).
In SA het die ras ‘n minderwaardige plek
ingeneem tot en met die vroeë sestiger-jare toe
die uitslae van die voormelde interras toetse
gepubliseer is. Die voortreflike prestasie van
die ras in hierdie proewe, asook sy uitstaande
prestasie by bulgroeitoetssentrums, het ‘n
belangrike rol in sy toenemende gewildheid
gespeel (Massmann). Dit het spoedig duidelik
geword dat die aanvraag die aanbod oorskry het
en in die periode 1960 tot 1970 is groot getalle
na SA ingevoer, eers vanaf die destydse Suidwes
Afrika en later Fleckvieh vanaf Duitsland en tot
‘n mindere mate vanaf Oostenryk. Vanaf
Switserland en Frankryk was daar geen
noemenswaardige invoer nie. Invoere het baie
afgeneem as gevolg van die ontwikkeling van ‘n
plaaslike aangepaste Simmentaler.
Telersvereniging
Telers in Namibië en Suid-Afrika het in 1964 ‘n
telersvereniging vir Suidelike Afrika gestig.
Vandag is hierdie jong telersvereniging, naas
die Bonsmara (plaaslik sinteties) en Brahman (Seboe)
in dieretal die derde grootste van 32
nie-suiwelrasse. Vergeleke met die 16 ander
Britse en Europese nie-suiwelrasse het die
Simmentaler nagenoeg drie keer soveel diere as
die tweede belangrikste ras.
Die Genootskap se hoofdoel is om sy telers met
omvattende dienste, vergelykbaar met die beste
in die węreld teen mededingende lokale pryse te
voorsien. Benewens konsultasiedienste en
jaarlikse plaasbesoeke behartig die Genootskap
sy eie moderne registrasie- en węreldberoemde
Breedplan prestasie-aantekeningstelsel en
dienste.
Unieke geldspaardiens
In enige teelstelsel, hetsy ekstensief of
intensief, kommersieël of stoet, het reproduksie
‘n groter invloed op inkomste as groeitempo of
enige ander eienskap. Daarom is die SIMmentaler
rePROduksie (SIMPRO)-analise ontwikkel. Hierdie
stelsel behels die kritiese ontleding deur die
rasadviseur en eienaar van ‘n aantal
reproduksiemaatstawwe van vroulike diere binne
kuddeverband (omgewing). Simpro meet koeie se
aanpasbaarheid, bepaal die korrekte koeigrootte,
identifiseer die goeie teelkoeie, verskaf
bestuurshulp, versnel genetiese vordering en kan
die teler duisende rande spaar.
Bedryfsleier
Die Telersgenootskap word as vooruitstrewend
gereken met nuwe programme om die bedryf te
bedien. In die middel sewentigerjare was die ras
die eerste om weg te beweeg van die subjektiewe
metode van beoordeling deur prestasie en
voorkoms in die skouring te verbind. Dit is die
enigste ras Genootskap waar beoordelaars,
ingevolge die Konstitusie, verplig is om
reproduksiesyfers by plasings van koeie te
gebruik. ‘n KI-bultoetsskema,
plaasgroeitoetsskema vir die jong bulle en ‘n
sterkoeiregister vir koeie wat uitblink is al in
die tagtigerjare daargestel. Die bekende
Simdeks-stelsel (SIMmentaler reproduksie inDEKS),
wat interkalfperiode, ouderdom by eerste kalwing,
getal kalwings en selfs embriospoelings in een
syfer uitdruk, is in 1988 ingestel. Dit is ook
die eerste telersgenootskap wat klasse vir
prestasiegetoetste bulle (1979) en
Blup-teelwaardeklasse (1999) vir bulle
daargestel het.
Simsasionele prestasie
Hoe presteer die ras vergeleke met bekende
prestasiegetoetste rasse (meer as 2 500
prestasiegetoetste vroulike diere – Beef
Breeding in SA, 1993-98) synde Afrikaner,
Beefmaster, Bonsmara, Brahman, Charolais,
Drakensberger, Hereford, Nguni, SA Angus, Simbra
en Sussex?
●
Reproduksie-indeks (TKP en ouderdom eerste
kalwing) : 1ste
●
Speengewig: 1ste
●
Jaaroudgewig verse op plaas: 1ste
●
Voerkraalgroei (bulgroeitoetse intensief): 1ste
In die Nasionale Karkas kompetisie, waar
karkasse van alle rasse en raskombinasies
jaarliks op ‘n groot aantal skoue beoordeel
word, was Simmentalers en Simmentaler-kruisings
11 uit ‘n moontlike 18 jaar die Suid Afrikaanse
kampioene.
Modernste prestasietoetstegnologie
Objektiewe prestasie-inligting van duisende
Simmentalers tesame met uitgebreide
stamboomskakels, gekoppel aan moderne
rekenaar-tegnologie, stel die Genootskap in
staat om prestasie in ‘n waardevolle syfer,
genoem BLUP-teelwaarde (TW), uit te druk. Die
voorkoms van ‘n dier word bepaal deur omgewing (kos)
en gene. BLUP skei omgewing van genetika en
beraam slegs die geneties-oordraagbare gedeelte.
Verwantskappe tussen diere speel ‘n sleutelrol
in die bepaling van TWs en stamboomrekordhouding
is noodsaaklik vir die bepaling van BLUP-TWs.
Die Genootskap maak van die węreld se mees
gevorderde vleisbees- genetiese evaluasiestelsel,
nl. Breedplan, gebruik om teelwaardes (TWs) vir
‘n reeks belangrike eienskappe te prosesseer.
Hierdie eienskappe dek gebiede van kardinale
belang vir bulkopers, nl. gewig, melk,
reproduksie en karkas. TWs is 5 tot 9 keer meer
akkuraat as prestasie-indekse. Seleksie volgens
gewigte en/ of indekse is geskiedenis en word
nie meer aanbeveel nie.
Die bulkoper se vriend
Die ouderwetse “pa- en ma-sertifikate” van
Stamboek is al in 1999 deur die Genootskap se
eie moderne vyfgenerasie-prestasiesertifikaat
vervang. Hierdie stuk papier is die kragtigste
seleksie hulpmiddel vir die seleksie van
Simmentaler bulle:
● Om deurentyd genetiese verbetering
in enige koeikudde te bewerkstellig moet die
nuwe bul beter wees as die vorige een. Die
enigste manier om dit te bewerkstellig is om na
die TWs te kyk, omdat jy bulle hierdeur oor jare
en kuddes kan vergelyk. TWs word op elke
sertifikaat, amptelike veilingskatalogusse en
die webbladsy aangebring, omdat dit die beste
beraming is van die genetika wat ‘n dier aan sy
nageslag oorgedra.
● Sedert die Genootskap 38 jaar
gelede ontstaan het, is keuring deur
onafhanklike raskenners ‘n voorvereiste vir
registrasie. In hierdie stelsel word daar sterk
klem gelę op visuele eienskappe met funksionele
meriete. Diere wat nie aan die vereistes voldoen
nie en hulle nageslag ontvang nie ‘n sertifikaat
nie. Die sertifikaat van ‘n Simmentaler is dus
die bewys dat die dier, sowel as sy voorgeslag,
volgens streng standaarde gekeur is.
Die bul is die belangrikste belegging wat die
boer in sy kudde maak. ‘n Ongekeurde bul sonder
teelwaardes kan hom duur te staan kom. Benutting
van die Simmentaler teelwaarde en
stamboomsertifikaat verminder hierdie
beleggingsrisiko. Dring dus ALTYD aan op die
sertifikaat.
Die hoofrede vir die volgehoue gewildheid van
die Simmentaler in Suidelike Afrika is dat die
ras met groot sukses vir kruisteling gebruik
word vir die teling van BEIDE (i) koeie met baie
melk en (ii) groeikragtige speenkalwers/osse.
(CP Massmann, Hoofbestuurder Simmentaler/Simbra
Telersgenootskap van Suidelike Afrika, Julie
2003, –info@simmentaler.org). |