Vrywaring
__________________________________________
Gebruik van
hierdie webblad
Ons of Genootskap beteken die "Die Simmentaler
Beestelersgenootskap van Suidelike Afrika", sy
lede/telers, raadslede en werknemers.
Webblad inhoud en veranderinge aan webblad
Alhoewel die Genootskap alle redelike voorsorg
tref om te verseker dat alle inligting op
hierdie tuisblad akkuraat en aktueel is, gebruik
u hierdie tuisblad nogtans op eie risiko. Die
inhoud is onderworpe aan verandering sonder
enige kennisgewing.
Vrywaring en beperkings
Nòg die Genootskap, nòg enige ander party wat
betrokke is by die inligting op hierdie tuisblad
is aanspreeklik vir enige skade of verlies
hoegenaamd wat mag spruit uit u toegang tot of
gebruik van hierdie tuisblad.
U onderneem om geen inligting op hierdie
tuisblad of wat met hierdie tuisblad skakel te
gebruik in enige eise of sake teen die
Genootskap nie. Skakelings met ander tuisblaaie
is tuisblaaie wat onafhanklik van die Genootskap
is en ons onderskryf, beheer of lewer geen
vertoë, waarborge of voorwaardes betreffende hul
inhoud of skakelings nie.
Ons aanvaar geen verantwoordelikheid of
aanspreeklikheid vir enige skade veroorsaak deur
virusse, wurms of ander kwaadwillige programme
aan u rekenaarsagteware, -toerusting of enige
ander eiendom wat verband hou met u toegang tot
of gebruik van hierdie tuisblad nie; ook nie vir
skade ten opsigte van u aflaai van enige data,
teks, afbeeldings, lêers of ander materiaal van
hierdie tuisblad nie.
Kopiereg
U moet veronderstel dat alles wat u op hierdie
tuiswerf sien of lees kopiereg het, en u is vry
om die inhoud vir nie-kommersiële doeleindes te
gebruik, mits u geen veranderings daarop
aanbring nie. U het die genootskap se geskrewe
toestemming nodig om enige gedeelte van die
inhoud te kopieer vir herververspreiding na of
vertoning aan derde partye, of vir kommersiële
doeleindes. |