
_________________________________________________________
U moet altyd onthou, dat waar of wanneer u ookal optree as
beoordelaar van enige ras, u die etiese rol van ‘n
ambassadeur van die betrokke ras wat u beoordeel, vervul en
dat u beoordeling in ‘n groot mate ‘n opvoedings- en
opleidingstaak is. Toeskouers en vertoners verwag van u om
hulle deur u plasing met gepaardgaande bespreking te oortuig
dat die gewenste diere volgens die Standaard van
Voortreflikheid en teeldoel op meriete geplaas word.
Dit is noodsaaklik dat u as beoordelaar altyd moet poog om u
kennis van beeste in die algemeen, en spesifiek die
Simmentaler (of Simbra) gedurig uit te bou. U moet derhalwe
oor maksimale kennis beskik vir u taak en u ten doel stel om
daardie kennis gedurig op te knap en aan te pas omdat die
standaard en doelstellings van ons rasse gedurig volgens
bedryfsbehoeftes aangepas word.
Ten einde objektief en suksesvol te kan beoordeel moet u
eerstens ‘n beeld van die gewenste Simmentaler in u
verbeelding kan vorm. Om u oordeelsvermoë verder te
ontwikkel moet u die foto’s van uitstaande rasegte diere en
veral lewende diere bestudeer en in detail probeer onthou.
Om eties suksesvol te beoordeel moet u te alle tye
onbevooroordeeld optree en slegs die werklike eienskappe van
die diere moet ‘n rol in u evaluering speel. U finale
plasing moet altyd op konkrete en oortuigende feite gebaseer
wees en waar van toepassing deur beskikbare hulpmiddels soos
bv. Simdeks gerugsteun wees. Funksionele en ekonomiese
eienskappe moet deurgaans in u waardebepaling voorkeur
geniet.
Tydens bespreking van geplaaste diere moet u diplomaties en
positief wees. Moenie foute en tekortkominge oorbeklemtoon
nie, benadruk veel eerder die goeie en voortreflike
eienskappe en bespreek dit altyd eerste. Benader swak
eienskappe positief m.a.w. nie “swak of sleg” nie maar “kan
‘n bietjie beter”.
Alle voornemende kandidate is ongelukkig nie aangelê om ‘n
bekwame beoordelaar te wees nie, want dit is ‘n ware “gawe”,
‘n aangebore talent en u kan u slegs bekwaam deur deeglike
ondervinding. Teoretiese kennis en intensiewe bestudering
van die Standaard van Voortreflikheid is geen
vanselfsprekende waarborg vir effektiewe suksesvolle
beoordeling nie. U moet altyd onthou, dat waar of wanneer u
ookal optree as beoordelaar van enige ras, u die etiese rol
van ‘n ambassadeur van die betrokke ras wat u beoordeel,
vervul en dat u beoordeling in ‘n groot mate ‘n opvoedings-
en opleidingstaak is. Toeskouers en vertoners verwag van u
om hulle deur u plasing met gepaardgaande bespreking te
oortuig dat die gewenste diere volgens die Standaard van
Voortreflikheid en teeldoel op meriete geplaas word.
Dit is noodsaaklik dat u as beoordelaar altyd moet poog om u
kennis van beeste in die algemeen, en spesifiek die
Simmentaler (of Simbra) gedurig uit te bou. U moet derhalwe
oor maksimale kennis beskik vir u taak en u ten doel stel om
daardie kennis gedurig op te knap en aan te pas omdat die
standaard en doelstellings van ons rasse gedurig volgens
bedryfsbehoeftes aangepas word.
Ten einde objektief en suksesvol te kan beoordeel moet u
eerstens ‘n beeld van die gewenste Simmentaler in u
verbeelding kan vorm. Om u oordeelsvermoë verder te
ontwikkel moet u die foto’s van uitstaande rasegte diere en
veral lewende diere bestudeer en in detail probeer onthou.
Om eties suksesvol te beoordeel moet u te alle tye
onbevooroordeeld optree en slegs die werklike eienskappe van
die diere moet ‘n rol in u evaluering speel. U finale
plasing moet altyd op konkrete en oortuigende feite gebaseer
wees en waar van toepassing deur beskikbare hulpmiddels soos
bv. Simdeks gerugsteun wees. Funksionele en ekonomiese
eienskappe moet deurgaans in u waardebepaling voorkeur
geniet.
Tydens bespreking van geplaaste diere moet u diplomaties en
positief wees. Moenie foute en tekortkominge oorbeklemtoon
nie, benadruk veel eerder die goeie en voortreflike
eienskappe en bespreek dit altyd eerste. Benader swak
eienskappe positief m.a.w. nie “swak of sleg” nie maar “kan
‘n bietjie beter”.
Alle voornemende kandidate is ongelukkig nie aangelê om ‘n
bekwame beoordelaar te wees nie, want dit is ‘n ware “gawe”,
‘n aangebore talent en u kan u slegs bekwaam deur deeglike
ondervinding. Teoretiese kennis en intensiewe bestudering
van die Standaard van Voortreflikheid is geen
vanselfsprekende waarborg vir effektiewe suksesvolle
beoordeling nie.
Metode van beoordeling
Probeer om deurgaans ‘n standaard metode van beoordeling te
volg sodat die toeskouer en beesleier nie deurmekaar raak
nie. U moet ook leer om individuele diere te onthou, om te
verhoed dat u nie dieselfde diere, in ander klasse omruil
nie.
Afdeling A
Laat die diere altyd van links na regs, verkieslik in
ouderdomsvolgorde, beweeg. Wanneer die diere in die ring
inkom moet u sorg dat u op ‘n geskikte plek staan sodat elke
dier waarneembaar is, sonder dat die son u sig belemmer.
Sorg dus dat u die diere eers op ‘n afstand van ongeveer 10
meter deurkyk en kry algemene indrukke van die diere en
onthou dat eerste indrukke dikwels blywend is.
Die volgende waarna u oplet is die gang van die dier. U wil
vasstel of die dier behoorlik en gemaklik loop. Dit is onder
ons omgewingstoestande van kardinale belang en ‘n dier wat
nie behoorlik en gemaklik loop nie word nie geplaas nie.
Staan voor die diere en laat hulle een vir een na u toe
beweeg en dan weer agter hulle sodat hulle weg beweeg van u
af. Afhangende van die son, moet u altyd probeer om in die
laaste hoek van die ring – op pad terug na die hek – te
staan. Diere loop normaalweg beter as hulle na die
uitgangshek beweeg. Poog dus om gedurende hierdie stadium,
waar u die diere om die ring laat beweeg, ‘n algemene indruk
van die diere te kry en let op die volgende:
-
Diere met enige diskwalifikasie of diskriminasie
ingevolge die Standaard van Voortreflikheid en (by groot
skoue) koeie met ‘n swak reproduksie kan al op hierdie
stadium geëlimineer word.
-
Die basiese verskille wat u kan waarneem tussen die
diere in die klas. Probeer om dit te onthou, want dit
gaan help in u motivering vir u plasings.
-
Vergelyk dan die basiese verskille tussen die diere en u
sal alreeds ‘n aanduiding hê van hoe u die diere gaan
plaas.
Waarna moet u oplet?
Algemene Voorkoms - en dit sluit bouvorm in. Kyk na
lengte, breedte, diepte, balans, kapasiteit, simmetrie,
kwaliteit en tipe – almal eienskappe wat ‘n groot invloed op
u eerste indrukke het en wat in ‘n groot mate blywend is.
Funksionele doeltreffendheid: Omdat dit teeldiere is wat u
beoordeel, moet die dier geslagsegtheid toon. ‘n Bul moet
soos ‘n bul lyk, ‘n koei soos ‘n koei en ‘n vers soos ‘n
vers. By vroulike diere moet u oplet na ongewenste
eienskappe soos osagtigheid, swak ontwikkelde geslagsorgane
en/of enige aanduiding van onvrugbaarheid asook swak
ontwikkelde uier en spene. By bulle moet opgelet word na
geslagsegtheid, onderontwikkelde en/of gebrekkige teelorgane.
By groot skoue word die reproduksie rekord van koeie d.m.v.
die ringkaart voortdurend aan u beskikbaar gestel.
Funksionele doeltreffendheid sluit natuurlik ook loopvermoë
in waarna reeds verwys is.
Produksie eienskappe: Die belangrikste produksie eienskap
by bul en koei is REPRODUKSIE wat al vermeld is. Hou altyd
by u waardebepaling die volgende in gedagte: “Reproduksie is
5 keer belangriker as groeitempo en 10 keer belangriker as
karkaseienskappe”. Kyk na die ander eienskappe wat met
produksie verband hou en moenie vergeet dat u ‘n dubbeldoel
dier beoordeel nie. By die koei moet gelet word op uier,
spene, melkare en by die vers is uier- en speenontwikkeling
van groot belang. Veral by die bul verlang u goeie
bespiering. Loopvermoë is baie belangrik omdat dit in noue
verband staan met produksie.
Groepeer dan die beste diere volgens u aanvanklike oordeel
bymekaar, laat hulle weer loop en vergelyk daarna weer in
staande posisie.
Afdeling B
Plaas die diere nou langs mekaar volgens u keuse. Onthou,
waar moontlik moet diere nooit afdraand staan nie. Stel elke
klas van links na regs op soos deur die toeskouer gesien.
Nadat u die diere so geplaas het, beweeg eers voor al die
diere verby en let op die volgende: Kop, bek, breedte,
prominente skouer, stand van voorbene, kote en kloue.
Daarna beweeg u agter die diere verby en let op die volgende:
kruisvorm en lengte, uier en geslagsorgane, dy bespiering,
breedte, stand van agterbene, hakke, kootgewrigte, kloue en
wydte tussen sitbene. Indien nodig kan u weer een of meer
diere uittrek en laat loop ten einde sekerheid omtrent die
gang te verkry.
Hierna is u gereed om die klas finaal te plaas en te
motiveer. Dit, in kort, is die metode waarvolgens u te werk
gaan met beoordeling.
Wat moet die beoordelaar weet
Om in staat te wees om te beoordeel, moet u oor die volgende
beskik:
-
Die nodige kennis.
-
Die vermoë om verskille te kan waarneem en te onthou,
vergelykings tussen sodanige verskille te tref (waardebepaling)
en u plasings op sodanige verskille te baseer, sonder
dat u toelaat dat enigiets of iemand u besluite
beïnvloed. Om op te som:
U moet kyk en sien waarna u kyk. U moet waarneem
wat u sien. U moet verstaan wat u waarneem. U moet weet
wat u verstaan. Op grond van wat u weet kan u dan
besluit. Opsommend: U moet weet wat u doen.
Om dit alles te kan doen moet u oor die nodige kennis van ‘n
bees beskik, veral ‘n Simmentaler.
-
U moet die samestelling
van die bees verstaan en ken.
-
U moet die korrekte
benamings van die verskillende liggaamsdele ken
en gebruik.
-
U moet weet hoe die verskillende liggaamsdele
lyk van ‘n bees wat aan die standaarde voldoen.
-
U moet die foute van
‘n bees asook die korrekte
benaming daarvan ken.
-
U moet weet wat meer belangrik of wat van minder belang
is, m.a.w., waardebepaling is
uiters noodsaaklik.
U mag dink dat baie kennis vereis word om toegepas te word,
maar wees verseker dat hoe meer u weet, hoe makliker dit is
om ‘n goeie beoordelaar te wees.
Bogenoemde vyf punte word kortliks as volg ontleed:
1. SAMESTELLING
VAN DIE BEES
Geraamte - Die geraamte is baie belangrik en reeds
met geboorte goed ontwikkel. Dit is die fondament waaraan
ligamente en spiere aangeheg word. Oor die samestelling van
die geraamte gaan ons nie uitwei nie, maar u as voornemende
beoordelaars moet dit probeer bestudeer en verstaan. (Verw.
skets van Beenstruktuur)
Doel van die geraamte:
●
Verleen beskerming aan
lewensbelangrike organe.
●
Verleen aan die bees sy spesifieke vorm.
●
Stel diere in staat om te beweeg.
Spiere van bees - Doel van spiere:
●
Dra by tot die vorm van die dier.
●
Bewerkstellig beweging.
●
Is deel van alle organe.
●
Die ekonomiese belangrikheid nl. die verbruikerswaarde
daarvan.
Vet - Die neerlegging van vet word beïnvloed deur
ouderdom, geslag, voeding en ontwikkelingstempo (vroeg of
laat).
Doel van vet:
●
Is die manier waarop die dier oortollige energie opberg,
wat te eniger tyd weer gebruik kan word.
●
Beïnvloed die eetgehalte van die vleis.
Vel en hare - Die vel of huid en hare is van groot
belang in die dier se totale meganisme vir aanpassing by sy
omgewing. Die huid is nie alleen die bees se grootste enkele
liggaamsdeel nie, maar is sekerlik ook een van die
belangrikste omdat huid en haar ‘n goeie indikator van die
dier se aanpasbaarheid is. ‘n Dik huid is oor die algemeen
meer voordelig as ‘n dun huid. Doel van vel en hare:
●
Verleen beskerming aan weefsel.
●
Verleen beskerming teen hitte en koue.
●
Vel dien as medium om van oortollige hitte ontslae te
raak.
●
Die haarkleur verleen een van die mees onderskeidende
kenmerke van elke beesras.
2. KORREKTE
BENAMING VAN VERSKILLENDE LIGGAAMSDELE
Dit is noodsaaklik dat u as voornemende beoordelaars
vertroud is met die korrekte benaming en altyd gebruik, want
wanneer u verduidelikings moet lewer vir u plasings, kan u
eenvoudig nie na hakskeen verwys as u knie bedoel nie.
Bestudeer die “Anatomiese Benamings” hierby aangeheg.
3. KORREKTE
LIGGAAMSDELE EN LIGGAAM IN GEHEEL
‘n Beskrywing hiervan vind u in die Standaard van
Voortreflikheid.
4. FOUTE
EN KORREKTE BENAMING DAARVAN
Verwys ook na die Diskriminasies en Diskwalifikasies vervat
in die Standaard van Voortreflikheid.
Algemeen: Te fyn of te grof, aftipe/rasegtheid;
karakter ontbreek; uit balans; nie geslagseg nie; plat of
smal dwarsdeur; temperament; wollerige of kroes haarkleed;
swak of oormatige bespiering.
Kop: Kort- of lang onderkaak; skewe of gedraaide
neusbeen; spitsbek; uitpeuloë; vlesige wange;
onderontwikkelde oogbank – veral by bulle.
Voorkwart: Los skouers; regop skouer; prominente
skouer; swaar borsstuk; smal borsvloer; prominente kambeen;
oordrewe skofontwikkeling; kort, plat of te ronde nek.
Middelstuk en Lende: Duiwelsgreep (gegord); holrug;
geboë rug; plat ribsprong; swak lende; te min of te veel
diepte.
Agterkwart: Plat, kort, hang of dakkige kruis; nou
sitbene; bobbejaanstert; skewe stertwortel; kort ronde
bespiering.
Bene: Te grof; te fyn; uitgedraai; x-benig; krombenig,
kort pypbeen.
Hakke: Koeihakkig; sekelhakkig; regop; spasties;
pofferig of smal.
Klou en koot: Klein-, vlak-, gesplete-, oneweredige-
of rolklou; regop-, slap- of deurgetrapte koot.
Uier en spene: Hang- onderontwikkelde- of
ongebalanseerde- uier; uier gekwart; uier voor opgetrek, dik/ballon
spene; wegstaan spene; te kort spene; te lank en dun spene.
Geslagsorgane: Onderontwikkeld of klein (verw.
minimum omvang in Standaard van Voortreflikheid);
hipoplasties; dubbelslagtig; verdraaide testes stringe;
oormatige skedevel; prolaps van skede en by vroulike diere
onderontwikkelde vagina.
Rankerig en Ondiep: Sodanige diere beskik gewoonlik
oor ‘n baie swak produksie en reproduksie vermoë, is swak
voerverbruikers en beskik gewoonlik oor ‘n lae
weerstandsvermoë.
Grootte: Weens verskeie redes wat by die laaste twee
beoordelaar simposiums ter sake was, is besluit dat in
soverre dit grootte en GDO aanbetref die goue middeweg
gevolg moet word. Sorg egter vir genoeg variasie om by die
omgewing aan te pas. Diskrimineer teen te groot en te grof.
Ponieagtigheid: Ponieagtige eienskappe is nadelig vir
beide melkproduksie en hoë gewigstoename.
5. WAT
IS BELANGRIK?
Alles is belangrik, daarom moet u soveel moontlik weet.
-
Wanneer u beoordeel, moet u die
Standaard van Voortreflikheid ken en u kennis toepas.
-
Dit is egter baie belangrik dat u weet waarvoor die ras
geteel word, met ander woorde, die doel van die ras
sodat u veral daarop kan let dat die dier aan sy doel
beantwoord. Ons herhaal dus: Die Simmentaler is ‘n
dubbeldoel ras wat funksioneel doeltreffend moet wees.
Afgesien van produksie verwante aspekte reeds behandel,
moet klem gelê word op die volgende:
Vrugbaarheid: Volgens die Konstitusie van die
Simmentaler Beestelersgenootskap is een van die
doelstellings “om toe te sien dat die kalwingsrekord van
koeie op soveel moontlike skoue aan beoordelaars beskikbaar
gestel en in hul beoordeling geëvalueer sal word.” Die “TKP
stelsel” word al van 1977 op groot skoue gebruik en in 1987
is die “Simdeks stelsel” ingestel. Verwys ook na
“Funksionele doeltreffendheid”. Reproduksie en alles wat
daarmee gepaard gaan moet die hoogste prioriteit geniet.
Strukturele foute ten opsigte van bene en pote: Om
ekonomies te produseer moet ‘n dier in Suid-Afrika behoorlik
kan beweeg, daarom moet u die stand en gang van ‘n dier as
baie belangrik beskou.
Raamwerk: Diskrimineer teen (i) uiterstes in grootte
– hou by die goue middeweg; (ii) ondiep of rankerige diere
asook (iii) diere met ‘n plat ribsprong. Skouer- en/of heup
hoogte, wat nie deur kondisie beïnvloed word nie, dui die
grootte van ‘n dier aan.
Groeivermoë: Wanneer u jong diere beoordeel moet u
aandag gee aan grootte vir ouderdom. Diskrimineer egter teen
uiterstes in GDO. In junior klasse moet diere verkieslik in
volgorde van ouderdom loop.
Spierontwikkeling: Let op swak of oormatige
bespiering. Die bespiering op die voorarm gee ‘n goeie
aanduiding van algehele bespiering.
Lengte: Let op na goeie lengte van lyf en
kruislengte, m.a.w. lengte van heup na sitbeen.
Breedte en Kapasiteit: Deurgaans goeie breedte en
kapasiteit. Goeie breedte tussen voorbene, draaibene en
goeie breedte van lyf.
Oorvet diere: Diskrimineer teen oorvet diere, want
ons is besig om teeldiere, nie slagdiere nie, te beoordeel.
Temperament: Dit is ‘n eienskap wat nie gemeet kan
word nie, maar die dier moet maklik hanteerbaar en tog
wakker en lewenskragtig wees.
Verskille in bouvorm op verskillende ouderdomme: U moet kennis dra daarvan dat ‘n agt maande oue kalf nie die
bouvorm kan hê van ‘n drie jaar oue dier nie.
Slotsom
OM ‘N BEOORDELAAR TE WORD, MOET U LEER, WANT U MOET BESKIK
OOR KENNIS. LEER UIT BOEKE, LEER VAN MEDE TELERS EN
BEOORDELAARS, LEER OP SKOUE EN WOON VERAL SIMMENTALER
BEOORDELAARSKURSUSSE BY. LEER DAN OM OP GROND VAN U KENNIS
DIE VERSKILLE IN DIERE RAAK TE SIEN, DIE VERSKILLE TE
EVALUEER EN DAN VOLGENS U VOORKEURE, FINALE KEUSES TE MAAK.
KORREKTE INTERPRETASIE VAN BELANGRIKE VEEKUNDIGE TERME
KONSTITUSIE Die
voorkoms van ‘n dier in terme van hoe goed (of swak) die
dier gedy en produseer in die omgewing waar dit aangehou
word. (‘n Glad verhaarde en vrugbare bees in ‘n goeie
voedingstoestand sou bv. ‘n goeie konstitusie aandui).
GEHARDHEID Die
reaksie van ‘n bees teenoor omgewingstressors soos hitte,
droogte, lang afstande stap, hoë parasietpopulasie en hoë
humiditeit (bv. ‘n geharde bees teen droogte). “Konstitusie”
is ‘n goeie indikasie van gehardheid.
AANPASBAARHEID Die
vermoë van ‘n dier om in ‘n nuwe omgewing of
produksiestelsel te kan aard of aan te pas. So ‘n aanpassing
word gemeet aan bv. kondisie, groei en reproduksie. Ons
praat liewer van die “aanpasbaarheid” by ‘n produksiesisteem
(voerkraal) en die “gehardheid” teen ongunstige toestande.
KONFORMASIE Is
sinoniem vir “bouvorm” d.w.s. hoedanig bene, balans,
bespiering, manlikheid, uier ens. aan die norme (standaard)
voldoen. ‘n Dier met bv. regop hakke het ‘n swak konformasie.
FUNKSIONELE DOELTREFFENDHEID Die
biologiese doeltreffendheid van ‘n dier om aan bepaalde
funksies te voldoen.
Tradisioneel is daar net
gekyk of die bouvorm of konformasie van die dier sodanig is
dat hy sy funksie kan verrig en doeltreffendheid is nie
gemeet nie. So bv. sal goeie loopvermoë, geslagsorgane en
geslagegtheid bydra tot die doeltreffendheid van die dier
terwyl horingvorm, stertlengte, sekere kleurkenmerke ens.
(“fancy points”) gladnie met die doeltreffendheid of
gebruikswaarde van die dier verband hou nie.
Die moderne
beskouing van funksionele
doeltreffendheid is daarop gemik om die dier te evalueer vir
(i) funksioneel belangrike bouvormkenmerke plus (ii) die
meting van produksierekords soos Simdeks, retensie van
nageslag en melkproduksie (speengewig van kalwers) by
vroulike diere en bv. semen, dekbehendigheid,
doeltreffendheid van groei by bulle.
Tien gebooie vir die beoordelaar (C
P Massmann)
-
Aspekte wat
vir die verbruiker , m.a.w. die kommersiële
beesvleisprodusent, belangrik is moet ook in die
beoordelaarsring hoogste prioriteit geniet – die
verbruiker is koning.
-
Onthou deurgaans “die natuur duld
geen uiterstes nie”.
-
Waardebepaling is van uiterste belang
– gee spesiale aandag aan die prioriteitseienskappe wat
van tyd tot tyd deur die Raad daargestel word.
-
Onthou, vet diere hoort in die
slagveeskouring en nie in ‘n ring van teeldiere nie.
-
Vergeet nooit dat u ‘n dubbeldoelras
beoordeel nie.
-
Daar is geen vriende in die skouring
nie.
-
Moenie dat diere met “groot name” u
beslissing beïnvloed nie.
-
Wees selfstandig – vorige plasings
van beoordelaars met “groot name” moet nie noodwendig
gevolg word nie.
-
Moenie bekommerd wees oor wat die
toeskouers van u plasing dink nie – dit is onmoontlik om
almal tevrede te stel.
-
Motiveer u plasing, plaas soveel
diere as moontlik en moet nie diere tydens u motivering
aftakel nie.
“Our Breed Society holds the view that stud breeders should
be encouraged to compete at shows provided that functional
efficiency and reproduction (Simdex) plays a major role in
the final placing.” (CPM)

 |