
_________________________________________________________
In sy oorhoofse waardebepaling en daarstelling van ‘n
teeldoel moet die Simmentaler teler altyd die volgende
relatiewe ekonomiese waarde van ekstensiewe
beesvleisproduksie in gedagte hou: REPRODUKSIE/VRUGBAARHEID
= 10;
PRODUKSIE (GEWIG GROEI) = 2 EN
PRODUK (KARKAS) = 1
Slegs koeie wat by hulle omgewing aangepas is, kalf gereeld
en hulle kan alleenlik aangepas wees as hulle die natuur se
gewenste korrekte bene, haarkleed, grootte, lengte, kruis,
ens. het. DEUR DUS VIR REPRODUKSIE TE SELEKTEER, SELEKTEER
JY OOK INDIREK VIR STRUKTURELE KORREKTHEID.
“Selekteer vir vrugbaarheid en die res sal volg. Ongeooflik!
Ja, maar verklaarbaar.” (Reini Rusch)
Die vrugbare koei / vers
Geen beoordelaar kan reproduksie “sien” nie – daarom maak
ons gebruik van die jaarlikse Simpro kudde analise en skryf
die Simdeks op die skoukaarte. Nogtans moet telers bewus
wees van die volgende (uit ‘n lesing van Cas
Maré):
Voorkwart: Vroulikheid
en hoë vrugbaarheid gaan gepaard met ‘n wigvormige
liggamsbou met die diepste punt deur die liggaam, die buik,
net voor die uier, en met ‘n wigvormige vernouing na voor na
die eerste rib. Die vrugbare koei het ‘n onopsigtelike
borsstuk en groot buikomvang en toon geen swaar
spierontwikkeling in voor- of agterkwart nie. Dit is ‘n
presiese teenstelling met die bul waarin goed ontwikkelde
voorkwart en ‘n nou maar goed bespierde agterkwart, tipiese
manlike eienskappe is.
Vet: Oorvet
beeste is laer vrugbaar en onvrugbare beeste raak vet. Die
werklike produseerders is nie vet nie. Die laag vrugbare
vers is gewoonlik groot, swaar en vet en vertoon manlik.
Vrugbare koeie is nie groot en vleis agtig in bouvorm nie en
koeie moet nooit vir vleis of karkas eienskappe beoordeel
word nie.
Grootte: Uiterstes
in grootte, beide klein en groot, moet vermy word alhoewel
die redes daarvoor mag verskil. Die laag vrugbare vers is
gewoonlik groot en swaar.
Skouerblaaie-skof: By
die vrugbare koei is die skof en nek slank in voorkoms. Die
boonste punt van die skouerbladbene is lig van spier en
beweeg langsaan en steek uit bokant die rugwerwels as die
dier beweeg. Tog vind mens in die beskrywing van die
voortreflikhede van menige rasse dat “losheid van die skouer”
‘n ongewenste eienskap is. Daar is egter geen bewys dat ‘n
los skouer ooit nadelig was nie. Inteendeel, ‘n “goed
bespierde en ferm skouer” of ‘n “stygende kambeen” in die
koei is ‘n indikasie van laag vrugbaarheid.
Uier: Vroeë
tekens van onvrugbaarheid wat met groot agterdog bejeen word
is: opgekrimpte spene wat gesonke is in die uier, lang hare
en onder ontwikkeling van die uier. So terloops visuele
beoordeling van die uier is van geen waarde om melk
produksie te bepaal nie, maar volgehoue melk produksie is
ten minste afhanklik van die funksionele doeltreffendheid en
konformasie van die uier.
Geslagsorgane: Tekens
van vrugbaarheid onder verdenking (selfs al is die betrokke
dier tans in kalf) is onder ontwikkeling van die uitwendige
geslagsopening met vetaansameling om die stertwortel.
Die vrugbare bul
In ‘n bul is daar ‘n paar visueel waarneembare eienskappe
wat onontbeerlik is vir goeie vrugbaarheid. Volgens C
Maré gaan positiewe tekens van manlike hormoon
afskeiding meestal gepaard met die volgende:
-
Spierdefinisie en swaar voorkwart ontwikkeling.
-
Goed ontwikkelde swaar en bespierde skof.
-
Manlike gedrag, die optrek en laat sak van die teelballe.
-
Beweging van die skede en growwe haargroei van skede en
stertkwas.
-
Growwe haarbedekking op kop en nek.
Wat laasgenoemde betref is Drayson se
mening (hy het 15 537 bulle van 19 rasse bestudeer): “Look
first at the coarseness of hair on a bull’s head and face.
The most fertile bulls generally have quite coarse and curly
hair, with the hair most tightly curled when the bull is at
his peak of sperm production between three to seven years of
age. How curly is “curly”? If you take a curl of hair
strand between your thumb and index finger and pull it up
straight, it immediately returns to its curly position when
you release it.
Coarse, straight hair is a step down the fertility ladder,
although the bull should still have good fertility. But, be
careful of a bull with fine, straight hair.
The same principles apply to neck hair as to head and poll
hair. Coarse and curly hair suggests the bull is highly
fertile.”
Bulle moet fiks wees en nie vet nie
Coetzer som
sy navorsing hieroor as volg op: “Oorvetheid by bulle kan
lei tot vetdeponering in die skrotum wat termoregulering
belemmer en sodoende tot semenafwykings kan lei. Verder is
oorvet bulle meer geneig om hoef- en beenprobleme te
ontwikkel wat libido (dekdrang) verlaag. ‘n Verdere
probleem met oorvet bulle wat op ‘n veiling aangekoop word,
is dat die nuwe eienaar dikwels probeer om die bul maerder
te kry deur die energie inname van die bul drasties te
verlaag en ook soms die bul dadelik by die koeie te sit.
Die metaboliese uitdaging wat vetkatabolisme aan die bul
stel, plus die ongewoon baie oefening deur ‘n onfikse bul
wat homself moet verdedig tussen ‘n nuwe groep bulle, maak
dit nie ongewoon vir so ‘n bul om vir etlike maande nie
nageslag voort te bring nie. Hoewel oorvoeding meer ernstig
is, kan ondervoeding ook semenproduksie en libido nadelig
beïnvloed.”
Ook Coulter het
vet nagevors en bevind dat: “The fat bulls in our tests
showed a reduction of 50% sperm reserves, half as many
motile sperm, one third as many normal sperm and eleven
times less services.”
Richardson het
ook vet bulle nagevors en som as volg op: “High energy
rations fed to young bulls in order to achieve rapid growth
rates or fatten the bull for a show does adversely affect
reproductive characteristics of the bull.”
Pruitt rapporteer
as volg: “Bulls fed high gaining rations often lay down fat
in the scrotum, and this results in lower fertility. The
testes normally maintain a temperature four to six degrees
cooler than body temperature. If fat deposits develop in
the neck of the scrotum, the countercurrent heat exchange,
where warm blood from the body is cooled by the blood in the
testes, is disrupted. Sperm production is not normal at
higher temperatures and results in impaired reproductive
traits.”
The business end of a bull
“When I buy a bull, I always start by looking at the back
end of the bull. That’s where the business end is. I want
to see large testicles and a well shaped scrotum. That’s
the most important part of a bull. No matter how good he is
otherwise, if he can’t sire calves, he’s no good to me. It
doesn’t matter if he’s the best walking bull in the world if
he hasn’t got the equipment to do the job.” (Anonymous)
Lusby; Hunlun; Curtis; Bosman en Morrow het
almal bevind dat die reproduksie potensiaal van ‘n bul in ‘n
groot mate deur die grootte en voorkoms van sy teelorgane
weerspieël word. Die hoë korrellasie met semenproduksie,
semenkwaliteit en puberteit van dogters, beklemtoon die
belangrikheid van skrotumomvang. Van die diskriminerende
skrotum afwykings waarna beoordelaars moet kyk word in ons basiese
beginsels van beoordeling uitgebeeld.
Uit ‘n genetiese oogpunt is veral hipoplastiese teelorgane (onder
ontwikkeling van een of beide testes) ongewens.
Ons Genootskap het al in 1985 minimum
teelbal omvang per gewig vereistes
ingestel omdat skrotum omvang volgens bovermelde navorsers
positief gekorreleer is met semen produksie, semen kwaliteit,
puberteit van bul en puberteit van dogters. By Britse
vleisrasse is die volgende gevind:
Skrotum omvang |
30 |
32 |
34 |
36 |
38 |
% Goeie semen |
13% |
20% |
52% |
65% |
95% |
Op ons Breedplan 400 dae weeglyste is daar plek vir skrotum
omvang en sal hierdie belangrike BLUP teelwaarde voorsien
word vir telers wat al hul bulle meet (tussen 350 – 550 dae
oud). Skrotum stokke is van die keurders beskikbaar.
Gedraaide skrotum
Die effek van skrotale draaiing op die vrugbaarheid van ‘n
bul is al in baie beoordelaarskringe beredeneer met ‘n
subjektiewe evaluasie van 15 vleisrasse by fase C
bultoetssentrums vind Van
Rooyen dat 54% van die bulle ‘n skrotale draaiing
getoon het (87% links om). Volgens hom het semen toetse het
bo enige twyfel bevestig dat skrotale draaiing geen
negatiewe effek op normale testikulêre ontwikkeling of
funksies het nie. Dit is verder gevind dat skrotale
draaiing wel matig tot hoog oorerfbaar in die manlike
nageslag is. Die stoetbedryf hoort met versigtige erns na
skrotale draaiing te kyk. Testikulêre torsi is die draaiing
van testes binne die skrotum en moet nie met skrotale
draaiing (draaiing van die skrotale sak in geheel) verwissel
word nie. T. torsi is ‘n pynlike toestand met direkte
nadelige gevolge op die testes se funksie.
Dit kan jy nie sien nie
‘n Belangrike maar visueel nie waarneembare probleem is ‘n
gebrek aan geslagsdrif of libido met lae konsepsie tot
gevolg. Oorsake wat ek in die literatuur raakgeloop het, is
onder andere:
-
Oorerfbaarheid (Johansson en Rendel).
-
Te jonk te straf gebruik (Neumann).
-
Die bekende te veel
of te min
oorwerking, oorvoeding, ondervoeding, te vinnig in ‘n
nuwe omgewing gebruik (aankoop) en natuurlik enige
siekte toetstand (verskeie
navorsers).
Omdat onvrugbare en swak semen nie aan die bul gesien kan
word nie verplig ons toetsing vir veilings onder beskerming.
CP Massmann, 2003 |