
_________________________________________________________
“ ‘n Goeie bul het ‘n goeie ma.”
Die beste Simmentaler koeie word vir baie jare al d.m.v. die
SIMSTER stelsel geïdentifiseer en deur middel van hul *, **
of *** sterre in veilingskatalogusse en op die
registrasiesertifikaat aan die bedryf as meerderwaardige
koeie uitgewys. Toekenning en bevordering (van bv. * na ***)
geskied op grond van reproduksie (Simdeks), groei (200-dae
teelwaardes) en melk (teelwaarde) vereistes wat jaarliks aan
hand van die jongste teelwaardes aangepas word. Die
Genootskap was die eerste instelling in Suidelike Afrika wat
elite koeie op grond van teelwaardes (i.p.v. indekse)
geïdentifiseer het.
Die huidige vereistes van *(4 kalwings), **(5 kalwings) en
***ster koeie (meer as 5 kalwings) is hoog en net ongeveer
8% van die aktiewe populasie voldoen daaraan.
BULKOPERS WORD STERK AANGERAAI OM SEUNS VAN STER KOEIE TE
KOOP.

●
2020 Ster Toekennings
●
Ster Koei Berekening

______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
Acrobat Reader word benodig om PDF weergawes oop te maak.
Kliek hier om
die program af te laai
|