-
Naam van dier en onder dit geboortedatum (Birth
/ Geb) S=enkelgeboorte of T=tweeling. Oppas! indien
bul-vers tweeling (sien
blokkie Twin Sex / Ges) kan
vers onvrugbaar wees – kry bewys van vrugbaarheid van
verkoper voor jy koop.
-
Land van oorsprong : Heelbo dier self en onder dit dier
se voorgeslag. ZA = Suid Afrika of Namibië, DE =
Duitsland, AT = Oostenryk, CA = Kanada, FM = Fankryk
Montbeliard, FA = Frankryk Abondance.
-
Pigmentklassifikasie van ooglede van beide oë : O =
geen of minder as 50% ooglidpigmentasie, P =
gepigmenteerde ooglede (meer
as 50%)en B =
pigment rondom oë in vorm van ‘brille’. Geen letters =
Buitelandse diere of diere wat nie gepunt is nie. Weer
eens heelbo dier se eie klassifikasie en onder dit die
spesifieke voorouer.
-
BAIE BELANGRIK! Identifikasie-tatoeëerletters/syfers wat
in die dier se oor getatoeëer is. Kontroleer dit altyd.
Gebruik dit om die dier se jongste besonderhede op die
Simmentaler-tuisblad na te slaan – tik die letters/syfers
presies soos hier in die veld “animal identifier’.
-
Dier is in hierdie
kuddeboekafdeling geregistreer: SP =
“Stud Book proper” of ten volle geregistreerd, B =
Hulpstamboek B (SP-bul
X hulpstamboek A-koei) en A =
Hulpstamboek A-koei
-
Poenskopstatus deur keurder of
teler toegeken: P =
Natuurlike poena, S =
‘Scurs’ of los horinkies (word
eers vanaf Aug 2007 toegeken – voorheen was hulle P)
en PP =
Dubbel-poena of homosigoot (hierdie
toekenning word deur kantoor gekontroleer en geskied op
aansoek van eienaar)
-
Net op wit sertifikaat = Die datum waarop dié dier op
voorkoms deur ‘n raskenner goedgekeur en dus
geregistreer is.
-
Die datum waarop die teelwaardes of BTWs verwerk is (sien
9 hieronder). LW – sorg altyd dat u die jongste
teelwaardes gebruik. Indien sertifikaat ou waardes
aandui, kan u die nuutste BTWs só naslaan - kliek
hier.
-
Hier is die teelwaardes of BTWs van die dier. Dit is die
beste voorspeller van hoe ‘n dier gaan teel. Kommentaar
hieronder oor die benamings in rooi op
die sertifikaat.
Birth =
Alhoewel die geboortegewig van
‘n bul as riglyn vir kalwingsprobleme gebruik kan word,
is die geboortegewig-teelwaarde wat
hier verskyn ‘n baie beter beraming van sy kalwers se
gewig, aangesien dit die ouderdom en akondisie van die
moeder en gewigte van die familie in ag neem. Hoe laer
hierdie syfer, hoe ligter die kalwers. Te lig is egter
ook nie wenslik nie, omdat dit met lae groei (ligte
speenkalwers) geassosieer word. Raadpleeg dus die ideale
teelwaardes van die Simmentaler. Ons verkies ‘n
geboortegewig teelwaarde wat nie te laag of te hoog is
nie. Onthou – hoe laer die geboortegewig teelwaarde, hoe
laer die verwagte geboortegewig. Lees hier meer oor die
geboortegewig-teelwaarde.
200 =
Die 200-dae gewig of speengewig. ‘n Hoë syfer hier is
belangrik vir die teel van swaar speenkalwers. 200-dae
is geneties verwant aan 400- en 600-dae gewigte.
400 =
Die 400-dae teelwaarde voorspel die jaaroud gewig van sy
nageslag en is baie belangrik vir voerkrale. Dit is
geneties verwant aan 200- en 600-dae gewigte.
600 =
Die 600-dae of finale gewigteelwaarde is belangrik vir
voerosprodusente. Hierdie teelwaarde is geneties
verwant aan “Cow” hieronder en word gebruik as die cow-teelwaarde
‘n lae akkuraatheid het . By bulle wat vervangingsverse
teel moet oordrewe seleksie vir hoë 600-dae teelwaardes
egter vermy word, omdat dit gepaard gaan met ‘n toename
in voedingbehoeftes en met hoër geboortegewigte. Hier
verkies ons die gemiddelde derde op die persentieltabel.
Cow =
Dit is die volwasse koeigewig (MCW
= mature cow weight) wat gekoppel is aan
koeigrootte en dus onderhouds- of voedingsbehoeftes. Ons
streef na vinnige groei tot 400/600 dae en ‘n gemiddelde
Cow-teelwaarde (dus
middeweg-grootte koeie).
‘n Breë riglyn is dat die cow-teelwaarde verkieslik laer
moet wees as die 600-dae teelwaarde.
Milk =
Die 200-dae melkteelwaarde is die beste beraming van die
dogters se moedereienskappe, waarvan melk die
belangrikste is. Suiwelboere moet asb. NIE hierdie
teelwaarde vir ‘melk-in-die-emmer’ gebruik nie. Soos in
die persentieltabel uitgebeeld,
is ‚n té hoë melkteelwaarde weens konstitusieprobleme
nie wenslik nie. Hou ook in gedagte dat ‘n
Simmentalerbul met ‘n gemiddelde melkteelwaarde net
soveel of meer melk sal teel as ‘n vleisrasbul met ‘n
hoë melkteelwaarde.
CED =
Gemak waarmee die dier se kalwers gebore word – hoe hoër
die teelwaarde, hoe beter. Lees
hier meer
oor die kalwingsgemakteelwaarde.
CEM =
Gemak van kalwing van dier se dogters –
hoe hoër hoe beter. Ander
teelwaardes : Weens ‘n
tekort aan spasie op dié sertifikaat word die volgende
teelwaardes, indien gemeet, net op die webtuiste en in
telersverslae gepubliseer: Die karkaseienskappe,
oogspieroppervlakte, marmering, rib- en kruisvetdikte,
verkoopbare vleisopbrengs en karkasgewig, sowel as
sreproduksie-eienskappe soos skrotumomvang ,
dragtigheidslengte en dae tot kalwing.
-
Hierdie persentasie dui die akkuraatheid of
betroubaarheid van teelwaarde aan. Hoe hoër hierdie
syfer, hoe beter. Aangesien teelwaardes jaarliks deur
die toevoeging van meer inligting verander, kan
teelwaardes met ‘n lae akkuraatheid nogal baie verander.
‘n Teelwaarde met ‘n lae akkuraatheid is egter ‘n meer
akkurate aanwyser van die dier se genetiese waarde as
‘noutydse prestasietoets-indeks of die rou gewig.
-
Teelwaardes vir (beginnende
van bo) vadersvader; vader; vadersmoeder en
onderste blokkie moedersvader; moeder en moedersmoeder.
By ‘n kalf sonder teelwaarde is die gemiddelde van die
vader en moeder se teelwaardes ‘n goeie indikasie van
die kalf se genetiese meriete.
-
Sterre toegeken vir koeie wat in reproduksie- en
moedereienskappe uitblink. Minimum getal kalwings is 4
vir *, 5 vir ** en >5 vir ***.
-
Vader van dier.
-
Vadersvader van dier en bokant dit sy ouers, ens.
-
Vadersmoeder met haar ouers, ens.
-
Moeder van dier.
-
Moedersvader met ouers, ens.
-
Moedersmoeder met haar voorgeslag.