
_________________________________________________________
Dis ons mense wat die Genootskap maak wat dit is en wat dit
ook uiteindelik sal word. Ons het ‘n span van uitsonderlike
mense, met ongelooflike waardes. As ‘n besigheid wil ons
graag ons maatskappywaardes verklaar. Hierdie waardes dien
as ‘n riglyn en standaard vir gedrag en prestasie. Die
uitleef van hierdie waardes elke dag sal die sukses van die
Genootskap onderskryf.
Kliëntefokus
-
Kliënte vorm die kern van alles wat ons doen;
-
Ons bied aan ons kliënte innoverende produkte en dienste
van hoë gehalte, wat hulle winsgewendheid en
produktiwiteit sal verhoog en waarde sal toevoeg tot
hulle boerdery-ervaring;
-
Luister na ons kliënte en ontwikkel buigbare en
kreatiewe maniere om hulle behoeftes te bevredig;
-
Behandel ons kliënte met professionaliteit, eerlikheid
en respek.
Innovering
-
Ons skep doelgerigte, vooruitstrewende oplossings;
-
Streef na voortgesette verbetering van produkte en
dienste;
-
Bereik ‘n mededingende voordeel deur middel van nuwe
idees en kreatiewe benaderings;
-
Benader uitdagings met ‘n probleemoplossende en
optimistiese houding.
Aanspreeklikheid
-
Ons is ten volle verantwoordelik vir ons aksies en
prestasie;
-
Streef na resultate met ‘n sin vir dringendheid en
professionaliteit;
-
Neem individuele verantwoordelikheid om kliënte se
behoeftes en verwagtinge te bevredig;
-
Wees vasbeslote om suksesvol te wees.
Integriteit
-
Eerlikheid, regverdigheid, respek en veiligheid is van
die allergrootste belang. Ons hou ons aan die hoogste
persoonlike en professionele standaarde. Ons
besigheidsbeginsels word nooit in die gedrang gebring
nie;
-
Ons is direk, eerlik, deursigtig en regverdig in ons
saketransaksies;
-
Kommunikeer openlik en eerlik;
-
Respekteer diversiteit en ander se idees en oogpunte;
-
Tree op ‘n regverdige en deursigtige manier op.
Waardeskepping
-
Ons skep waarde vir ons kliënte, werknemers en
deelhebbers in die lewendehawe bedryf;
-
Werk hard en slim;
-
Stel hoë verwagtinge vir diensgehalte en bou
kliënteverhoudings;
-
Verseker dat jou daaglikse aktiwiteite bydrae tot die
bereiking van die Genootskap se doelwitte en
tevredestelling van ons kliënte.
Werknemerbetrokkenheid
-
Ons kweek ‘n kultuur wat uitnemende prestasie, spanwerk,
inklusiwiteit, bemagtiging, leierskap en groei bevorder.
Kreatiwiteit
Sukses
Volhoubaarheid
BESIGHEIDSBEGINSELS
Ons besigheidsbeginsels weerspieël hoë etiese standaarde,
wat dien as basis vir die bereiking van ons doelwitte. Ons
werknemers verstaan dat hulle aktiwiteite by hierdie
beginsels moet aanpas en dat die besigheidsbeginsels, tesame
met ons maatskappy se waardes, as ‘n raamwerk dien in die
bereiking van ons doelwitte en etiese handeldrywing.
Werknemers
Professionele vaardigheidsvlak
Ons streef daarna om te verseker dat alle werknemers die
professionele vermoëns en vaardigheid handhaaf, wat
verenigbaar is met die verantwoordelikhede van hulle pos,
tesame met die toepaslike nakoming van die vereistes van
professionele liggame rakende voortgesette onderrig.
Kommunikasie en toewyding
Die Genootskap heg waarde aan sy werknemers as ‘n
sleutelhulpbron. Die sukses van die toekomstige besigheid
van die Genootskap is tot ‘n groot mate afhanklik van die
toewyding en betrokkenheid van werknemers. Goeie
kommunikasie met ons werknemers is ‘n belangrike faktor om
werknemers by verskeie aspekte van ons maatskappy te betrek.
Ons bevorder ons besigheidsbeginsels op ‘n eerlike en etiese
manier, deur te verseker dat besigheidsbeleid en praktyk met
etiese beginsels vereenselwig kan word, en deur ons etiese
verwagtinge aan dié saam met wie ons werk te kommunikeer.
Ons streef dus daarna om ‘n innoverende omgewing te skep
waar ons werknemers waarde kan toevoeg vir al ons
deelhebbers.
Verantwoordelikhede in die gemeenskap
Menseregte
Ons verrig ons sake met eerlikheid, regverdigheid,
integriteit en respek vir die verskille in die wye spektrum
van maatskaplike, politieke en ekonomiese omgewings waarin
ons werk. Die Genootskap ondersteun en respekteer menseregte
en ons streef daarna om te verseker dat ons aktiwiteite nie
daarop inbreuk sal maak nie. As ‘n inligtingsverskaffer is
ons voorstanders van vryheid van spraak en die uitruil van
inligting.
Besigheid en die omgewing
Ons is verbind daartoe om die impak van ons aktiwiteite op
die omgewing te minimaliseer. Ons streef daarna om
omgewingsvriendelike besigheidspraktyke in ons bedryf te
implementeer.
Besigheidsintegriteit
Voldoening aan toepaslike wetgewing
Ons is verbind daartoe om ons besigheid ooreenkomstig alle
toepaslike wetgewing, reëls, regulasies en administratiewe
praktyke van die lande waarin ons werk te bedryf. Niemand
het die outoriteit om enige iemand opdrag of toestemming te
gee om enige toepaslike wet, reël, regulasie of
administratiewe praktyk te oortree nie.
Voorkoming van korrupsie
Omkopery en korruptering van openbare amptenare is ernstige
misdade en strafbaar in verskeie lande. Die Genootskap se
werknemers mag nie direk of indirek omkoopgeskenke of enige
ander onbehoorlike voordeel aanbied, beloof, gee, vereis of
aanvaar van enige persoon vir enige rede, ten einde
besigheid te behou of ‘n onregmatige voordeel te verkry nie.
Besigheidsgeskenke en vermaak
Diens en werkverrigting by die Genootskap mag nooit afhang
van persoonlike wins of finansiële voordeel nie. Geen
werknemer, sy/haar gade of ‘n lid van sy/haar familie mag
onregmatige persoonlike voordeel ontvang as gevolg van die
werknemer se posisie by die Genootskap nie. Die Genootskap
se werknemers behoort enige geskenke te weier, waarvan die
aanvaarding daarvan agterdog van onregmatige invloed of
optrede kan wek. Die Genootskap se werknemers mag nie
geskenke gee of ontvang, of vermaak aanbied of aanvaar
indien dit die gebruiklike hoflikheidsgebare, wat as
aanvaarde etiese besigheidspraktyk aanvaar word, oorskry nie.
Geskenke of vermaak in ruil vir gunste of onbehoorlike
vergoeding moet altyd geweier word.
Interne beheer en deursigtigheid
Interne riglyne
Die uitvoering van ons besigheidstake op ‘n deursigtige en
eerlike wyse is ‘n belangrike deel van ons etiese standaarde.
Ons interne beleid en riglyne dien as instrument vir ons
werknemers om op ‘n soortgelyke manier op te tree. Alle
werknemers moet optree dienooreenkomstig die toepaslike
interne beleid, prosedures en riglyne. Daar moet onmiddellik
opgetree word om enige swak plekke te bestuur, wat in
hoofsaak die betroubaarheid van finansiële verslaggewing en
blootlegging kan beïnvloed, of wat die Genootskap aan die
risiko van bedrog kan blootstel.
Die gebruik van bates en inligting
Vertroulikheid
Inligting oor die Genootskap se aktiwiteite, lede, personeel,
strategieë, besigheidsinligting en finansiële resultate is
eiendomsregtelik en vertroulik. Ongemagtigde blootlegging
kan die Genootskap laat skade lei of onregverdige voordeel
aan ander gee. Die Genootskap verwag van sy werknemers om
die vertroulikheid van besigheidsinligting te respekteer en
dit aktief te beskerm. Dieselfde geld vir alle vertroulike
inligting wat van derde partye verkry word.
Botsende belange
Werknemers van die Genootskap moet enige situasie vermy, wat
konflik of die voorkoms van konflik tussen hulle private
belange en die belange van die Genootskap kan skep. Botsende
belange ontstaan in enige situasie waar die Genootskap se
werknemers hulle kontakpersone of posisie binne die
Genootskap gebruik om hulle persoonlike, private
besigheidsbelange of finansiële belange te bevorder, hetsy
of dit ten koste van die Genootskap is, of nie. |