
_________________________________________________________
As Suidelike Afrika se vernaamste beestelersgenootskap, wil
ons graag bates en dienste skep wat ‘n voordeel vir almal
inhou – ons kliënte (intern, sowel as ekstern), ons lede,
ons Genootskap, die kommersiële bees- en melkboer, sowel as
die lande waaraan ons kundigheid en dienste verskaf.
Die Sim Genootskap se nuwe visie beskryf die weg wat die
Genootskap in die volgende paar jaar wil volg. Dit is ‘n
duidelike omskrywing van die doelwitte wat ons wil bereik.
Alle strategiese besluite word op die visie gebaseer.
Die Genootskap se waardes beskryf die benadering en die
manier waarop ons wil werk om ons doelwitte te bereik. Dit
stel die standaard wat ons wil volg, die hoogtemerk waarteen
ons onsself wil meet en wat ons uiteindelik gebruik om die
besigheidskern te vorm van hoe ons binne die
boerderygemeenskap leef en werk, hetsy plaaslik of
internasionaal.
Saam vorm ons visie en waardes die raamwerk vir al ons
besluite en aktiwiteite. Dit dien as ‘n oriëntasie en ‘n
riglyn vir leierskap, en definieer ons korporatiewe kultuur.
Die Genootskap se beginsels is ‘n amptelike verklaring van
hoe ons sake op ‘n dag-tot-dag basis wil bestuur.
Ons moet onsself deurlopend hou by verskillende wetiese
raamwerke en kulturele omstandighede. Ons moet sake dus op
so ‘n manier bestuur dat dit ons help om ons selfgestelde
standaarde te bereik en die beeld van die Genootskap verder
uit te bou.
Missie (dit
wat die organisasie graag vir sy lede wil doen)
“Om moderne diere opname- en prestasietoetsingstegnologie,
uitstekende diensverlenging en markgeoriënteerde promosies
aan telers te voorsien, gerugsteun deur hoogs doeltreffende
personeel, sodat hulle geneties-superieure, maklik
versorgbare en hoogs doeltreffende beeste aan die beesbedryf
in Suidelike Afrika kan voorsien.”
Visie (die
toekoms van die organisasie en die vaardighede wat ontwikkel
moet word)
“Om deurlopend die mees doeltreffende telersgenootskap in
Suidelike Afrika te wees.” |