
_________________________________________________________
(Uit "Polled
Simmentals" deur ASA, USA)
Die poenskop-geen (P) is dominant oor die gehoringde geen
(p). Wanneer ‘n dier derhalwe die dominante P-geen van een
ouer erf en die resessiewe p-geen van die ander ouer, is dit
die dominante P wat in die individu se voorkoms tot uiting
kom as die poenskop-eienskap. Die enigste tyd wat die
resessiewe horing-geen (p) homself kan uitdruk, is wanneer
die dominante P-geen nie teenwoordig is nie.
Daar is drie moontlike gene-kombinasies, nl. PP, Pp en pp en
die helfte van elke kombinasie is van elke ouer oorgeërf.
Die PP-individu word na verwys as homosigoties-poenskop,
aangesien dit twee identiese gene bevat {“homo’ beteken “dieselfde”).
Dit sal slegs poenskopnageslag verwek ongeag of die ander
ouer poenskop of gehoring is, aangesien dit slegs die
dominante P-geen besit om na die nageslag oor te dra. PP-bulle
word soms 100% onthoringers genoem.
Die Pp-diere daarenteen is heterosigoties (“hetero” beteken
“nie dieselfde nie”). In 50 persent gevalle sal die Pp-individu
die horing-geen na sy nageslag oordra.
Die pp-dier het horings en is ook homosigoties, aangesien
dit twee identiese gene besit. Hy sal egter altyd slegs die
p-geen aan sy nageslag oordra, want dit is al wat hy besit.
Opsommend:
PP x PP |
= |
All calves PP |
PP x Pp |
= |
50% PP and 50% Pp |
PP x pp |
= |
100 Pp |
Pp x pp |
= |
50% Pp and 50% pp |
Pp x Pp |
= |
25% PP, 50% Pp and 25% pp |
Toetskriteria vir Homosigoties-Poenskop
Individuele diere benodig ‘n minimum-vertrouensinterval van
99.9%, gebaseer op ‘n nageslagtoets. Indien diere enigsins
gehoringde kalwers produseer, kan hulle nie as
homosigoties-poenskop kwalifiseer nie. Om die minimum-vertrouensinterval
te bereik, moet een van die volgende prosedures gevolg word:
-
‘n Bul van poenskop-ouers sal die volgende minimum
nageslag benodig: 10 poenskop-kalwers van gehoringde
koeie, of 25 poenskop-kalwers van bekende
heterosigoties-poenskopkoeie, of 38 poenskopkalwers van
poenskopkoeie van onbekende genotipe.
-
‘n Vroulike dier met poenskop-ouers sal ‘n minimum van:
10 poenskopkalwers van gehoringde bulle, of 25
poenskopkalwers van bekende heterosigoties-poenskopbulle
benodig.
-
Nageslag van ouers wat beide as homosigoties-poenskop
kwalifiseer.
L.W.: As gevolg van die geslagsbeïnvloede Afrika
horing-geen, geld hierdie prosedures nie vir Bos
indicus-teling nie. |